Nicole and Dennis - Het Vlock Casteel

Nicole: Na 'n jaar se hard beplan het die groot dag uiteindelik aangebreek op die 30/09/2017! Dit was 'n pragtige lentedag in Riebeeck Kasteel. Met 'n venue soos Het Vlock Casteel, en die decor van Mint & Magnolia het ons troudag gevoel en gelyk soos iets uit 'n sprokiesverhaal. Alles was so perfek! Na 'n emosionele seremonie op die pragtige dek van Het Vlock Casteel, het die partytjie begin. Ons het die bruiloffees behoorlik gevier saam ons 100 bitter spesiale gaste. Ons is ongelooflik geseën op ons groot dag met ' n oorvloed van liefde, geluk en vreugde. Boonop het die dag seepglad verloop. As 'n bruid wat al van kleintyd droom oor haar groot dag, kan ek met 'n eerlike hart sê ons troudag was mooier en lekkerder as wat ek ooit van kon droom!

Add comment

Security code
Refresh